Operasionele Hoof: Produksie
babylonstoren
| Company | babylonstoren |
| Category | Manufacturing |
| Location | Franschhoek |
| Remote | On-site (inferred) |
| Employment | Contract |
| Level | Manager |
| Salary | Not stated by the employer |
| Posted | 27 May 2026 |
| Last verified | 12 Aug 2026 |
| Source | Employer ATS (breezy) |
Description
Operasionele Hoof: Produksie
(Nie-alkoholiese drankies | Suiwel | Seepfabriek | Bakkery)
Lei mense. Dryf produksie. Verseker uitnemendheid.
By Babylonstoren is vervaardiging meer as net produksie – dit is waar gehalte, vakmanskap en spanwerk saamkom om produkte van uitsonderlike gehalte te skep. Van vars suiwel en ambagsbrood tot natuurlike seep en bekroonde nie-alkoholiese drankies, is elke afdeling afhanklik van sterk operasionele leierskap.
Ons is op soek na 'n energieke en praktiese Produksie Operasionele Hoof wat daarvan hou om tussen mense en prosesse te werk. Hierdie rol is ideaal vir iemand wat die leiding neem, vinnig besluite maak, probleme oplos en verseker dat elke vervaardigingseenheid elke dag op sy beste presteer.
Vereistes :
Ons is op soek na iemand wat:
• 'n Minimum van 5–8 jaar relevante ervaring in voedselvervaardiging, FMCG of produksiebestuur het, waarvan 'n gedeelte op senior bestuursvlak.
• Oor 'n tersiêre kwalifikasie in Voedselwetenskap, Ingenieurswese, Produksiebestuur of 'n verwante rigting beskik.
• 'n Sterk tegniese begrip van vervaardigingsprosesse en produksie-omgewings het.
• Bewese ervaring het in die bestuur van komplekse vervaardigingsbedrywighede en die implementering van operasionele verbeterings.
• Sterk finansiële insig het, met die vermoë om finansiële state te interpreteer, tendense raak te sien en operasionele besluite te ondersteun.
• Ervaring in die bestuur van verskeie vervaardigingseenhede of departemente sal voordelig wees.
• 'n Sigbare en inspirerende leier is wat mense ontwikkel, motiveer en aanspreeklik hou.
• Analities dink, sistematies werk en kalm bly wanneer uitdagings ontstaan.
• Resultaatgedrewe, prakties en oplossingsgerig is.
• Hoë vlakke van aanspreeklikheid, eienaarskap en integriteit toon.
• Uitstekend in Afrikaans en Engels kan kommunikeer.
Verantwoordelikhede :
In hierdie rol sal jy verantwoordelik wees om:
• Die daaglikse operasionele bestuur van Babylonstoren se vervaardigingsafdelings te lei en te verseker dat produksieteikens, gehalte en afleweringsdoelwitte bereik word.
• Die prestasie van alle vervaardigingseenhede voortdurend te monitor en te verbeter deur sterk operasionele bestuur en opvolg.
• Bestuurders en spanleiers af te rig, te ontwikkel en aanspreeklik te hou vir die prestasie van hul spanne.
• Produksieprosesse te optimaliseer om produktiwiteit, kapasiteitsbenutting en kostedoeltreffendheid te verbeter.
• Operasionele uitdagings vinnig te identifiseer en praktiese oplossings te implementeer om onderbrekings te beperk.
• Finansiële en operasionele resultate te monitor, afwykings te ondersoek en verbeteringsaksies te implementeer.
• Toe te sien dat produksie volgens vasgestelde prosesse, standaarde en begrotings verloop.
• Nou saam te werk met tegniese-, instandhoudings-, logistieke- en kommersiële spanne om 'n doeltreffende produksievloei te verseker.
• Voortdurende verbetering, standaardisering en prosesoptimalisering oor alle vervaardigingsafdelings te bevorder.
• Te verseker dat gehalte-, voedselveiligheids-, veiligheids- en regulatoriese standaarde konsekwent nagekom word.
• 'n Sterk kultuur van dissipline, spanwerk, aanspreeklikheid en voortdurende verbetering op die produksievloer te vestig.
Waarom Babylonstoren?
Babylonstoren is 'n plek waar mense trots is op wat hulle maak. Jy sal deel wees van 'n dinamiese vervaardigingsomgewing waar kwaliteit, innovasie en spanwerk die standaard is. Hierdie rol bied die geleentheid om 'n tasbare verskil te maak – deur mense te ontwikkel, prosesse te verbeter en te verseker dat ons vervaardigingsafdelings elke dag op hul beste presteer.
As jy 'n praktiese leier is wat graag tussen mense werk, produksie dryf en operasionele uitnemendheid nastreef, nooi ons jou uit om deel van die Babylonstoren-span te word.
Aansoeke kan via die aansoekportaal ingedien word: